Omruilings

As die item wat bestel is nie jou verwagtinge oortref nie is jy welkom om my binne 2 (twee) dae nadat die item ontvang is te kontak vir reelings om dit terug te stuur. Die omruilings kostes is vir die klient se eie rekening en die item moet in dieselfde kondisie wees as wat dit ontvang was, vry van enige parfuum, sweet, rook, merke of hak plekke. Maak asseblief gebruik van Courier Guy of Postnet en nie die plaaslike Pos kantoor nie.

Let daarop dat daar geen kontant terugbetalings gemaak word nie en jy krediet sal ontvang vir die item wat teruggestuur word om iets anders aan te koop. Kourier word by-bereken by die finale bedrag. Krediet is slegs geldig vir 6 (ses) maande; as dit nie in daardie tyd gebruik word nie verval dit. Geen omruilings of krediet word gehou vir afgemerkte “sale” items nie.

Parfuum word ongelukkig nie omgeruil nie.

Weens hygiene redes word oorbelle, kopbande en ander bykomstighede nie omgeruil nie.