My Storie

Ek is Anja Grobbelaar, eienaar van die verskeie besighede op die webtuiste. My twee woelige kleuters hou my lekker besig, en ek hou my Man aan die werk met al my nuwe DIY idees. Wat begin het as ’n droom om iets besonders en persoonlik te skep, het gegroei tot ’n plek waar passie, styl en hart bymekaar kom. My fokus is om nie net produkte te bied nie, maar om ’n ervaring te skep wat warm, eg en onvergeetlik voel. Elke item word met sorg gekies, want ek glo dat die klein dingetjies ’n groot verskil maak.

My passie lê nog altyd in mense – om elke kliënt te laat voel dat hulle gesien, waardeer en spesiaal is. Alles wat ek doen, word gedryf deur liefde vir kwaliteit, kreatiwiteit en persoonlike diens. Van die eerste groet tot die finale produk, sit ek hart in alles in. Vir my is dit meer as net ’n besigheid; dit is ’n roeping om vreugde te bring, selfvertroue aan te wakker en iets moois in elke kliënt se dag te voeg.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 Robertson Boetiek

Met die behoefte aan stylvolle en unieke damesklere vir elke dag, werk en formele funksies, het Robertson Boetiek sy deure in Januarie 2022 geopen.
Hier is ’n verskeidenheid ingevoerde en plaaslike klere, Ipanemas, Grendha en Butterfly skoene, TAN en egte leer handsakke, Hartsgoed dekor items, polymer-klei oorbelle, handgemaakte juwele en vele ander bykomstighede.
Opsies is eindeloos en groottes wissel van XSmall tot 3XLarge.
Kontak my gerus met jou idee, kleur skema of styl – indien dit nie op die webtuiste beskikbaar is nie, bestel ek dit spesiaal vir jou.

 

 

Loka Robertson

In die hartjie van die Breede Vallei, in Robertson in die Wes-Kaap, het die avontuur as Loka-agent in 2019 begin.
Loka bied ’n reg-om-te-dra, meng-en-pas verskeidenheid van nie-stryk lappe soos Mesh, Scuba, Bon-Bon en FDY – ontwerp vir ekstra gemak en luuksheid.
Elke reeks is tydloos, uniek en elegant en vleiend vir enige figuur, beskikbaar vanaf XSmall tot 3XLarge.

Min of meer elke twee weke word ‘n nuwe lap spesiaal gedruk by ons fabriek in Mosselbaai en verskeie items word dan gemaak. Word vandag nog deel van Loka se blomme-tuin.